Laerskool Duiwelskloof | Primary School

Tamatiefees

H/V Mentz- en Bothastraat, Duiwelskloof 0835

Stuur E-pos

015 309 9218

Nuutste Dokumente

Verwys na ons nuutste dokumente, wat die skool se omsendbriewe, belangrike inligting, aansoekvorms en ander algemene inligting bevat.

Kontak Ons

Indien u graag meer inligting verlang of ‘n algemene navraag wil doen, gebruik ons kontakinligting of vorm op ons webtuise:

Ligging/Kaart

Graad-R

Klofie Graad-R is gebasseer op die Nationale Curriculum se demokratiese beginsels en waardes.  So verseker ons die beste moontlike kwaliteit opvoeding aan al die leerders, ongeag hul sosio-ekonomiese agtergrond, ras, kleur, geslag, fisiese vermoëns of intelektuele vermoë.  Ons doel is om seker te maak dat elke Graad-R leerder sy volle potensiaal bereik, selfvertroue sal ontwikkel, onafhanklik en vaardig raak op verskeie gebiede en met deernis en respek teenoor mede leerders en die natuur sal omgaan.

Graad-R oorbrug die informele tuissorg of kleuterskool met die meer formele opset van ‘n skool.  Ons volg ‘n daaglikse program wat verskeie stimulerende leeraktiwiteite insluit wat ‘n soliede grondslag vorm vir die formele aktiwiteite van die Graad 1 curriculum.  Dit laat leerders ontwikkel terwyl hulle werk en speel.