Laerskool Duiwelskloof | Primary School

Tamatiefees

H/V Mentz- en Bothastraat, Duiwelskloof 0835

Stuur E-pos

015 309 9218

Sosiaal

Op sosiale vlak bly die Klofies glad nie agter nie.  Daar word gereeld aktiwiteite soos Pret dae, Color Fun dae, skool sokkies, ouer braais, Die Moholoholo toer vir Graad 2’s, Pretloop, Veldskool en konserte gereël.  Dit maak skool pret en leer kinders die vaardighede om te sosialiseer en deel te neem.  Ons skool neem ook ywerig deel aan nationale dae soos Pantoffel-dag en Tekkie-dag ten bate van verskeie liefdadigheidsorganisasies.  Die Graad 7’s besoek en ondersteun ook graag ons plaaslike Outehuis – Silwer Jare – wat ‘n groot hoogtepunt is.

Ander aktiwiteite wat by die skool aangebied word sluit in Monkeynastix, Dans en Witjassies.