Laerskool Duiwelskloof | Primary School

Graad 1 Opedag

H/V Mentz- en Bothastraat, Duiwelskloof 0835

Stuur E-pos

015 309 9218

Wat Gebeur?

Indien u wil weet watter gebeure binnekort plaasvind, kyk gerus na ons Gebeurekalender.

Jammer, daar is huidiglik geen gebeure wat binnekort plaasvind nie.
Nuutste Dokumente

Verwys na ons nuutste dokumente, wat die skool se omsendbriewe, belangrike inligting, aansoekvorms en ander algemene inligting bevat.

Kontak Ons

Indien u graag meer inligting verlang of ‘n algemene navraag wil doen, gebruik ons kontakinligting of vorm op ons webtuise:

Ligging/Kaart

Welkom by Laerskool Duiwelskloof

Laerskool Duiwelskloof Primary het ontstaan in 1917. Die pragtige skool is geleë tussen berge met die mooiste uitsig van orals oor.

Die skool se leerlingtal staan tans op 521 met 24 personeel lede waarvan 10 deur die Departement aangestel is en die res deur die Beheerliggaam. Die rede daartoe is dat ons poog om nie meer as 35 leerlinge per klas te akkommodeer nie sodat  persoonlike aandag aan elke indiwidu gegee kan word. Die voertaal is Afrikaans en Engels met twee klasse per graad.

Aan buitemuurse aktiwiteite staan ons ons man teen groter skole met die volgende aktiwiteite wat aangebied word: atletiek, rugby, netbal, hokkie, krieket, fietsry, perdry, rolbal en sokker. Op kultuur en akademiese aktiwiteite neem ons jaarliks deel aan Wiskunde en Wetenskap Olimpiades, Eisteddfod en skaak om maar ‘n paar te noem.

Al om die tweede jaar het ons revue met ’n Noot-vir –noot aand wat besonders is om deel te wees.

Vir fondsinsameling bied ons jaarliks  ’n Tamatiefees aan waar + 850 kinders deelneem aan mini netbal en bulletjie rugby.

Om deel te wees van die Klofie-familie is  ’n voorreg wat vir baie ouers beskore is.

Lees Meer